Rian Malan by PEN American Center.

I almost punched an Englishman the other day. We were sitting in a bar, talking about the 20th anniversary of F.W. de Klerk’s Great Leap Forward of 2 February 1990 — the day he rocked the world by announcing that he was about to unban the revolutionary movements, free Nelson Mandela and turn South Africa into a land of peace and justice. I was explaining why I thought de Klerk’s move was an act of heroism almost unparalleled in the history of humankind, but the Englishman didn’t want to know. ‘De Klerk was a loser,’ he said, ‘a racist battered into submission by sanctions, township violence and global isolation, and then forced to do a decent thing that should have been done decades earlier.’ The corollary was of course that Mandela was a sweet old man who shouldn’t have been locked up at all, and the ANC an army of hymn-singing moderates who just wanted to establish a democracy like Great Britain’s. Like I say, I wanted to moer him, and I’d better explain why.



'n Wêreld sonder grense

SONDAG, 25 OKTOBER 2009 20:35 DAN ROODT

Toe ek 'n ondergraadse student was, het ek in die anargisme as politieke filosofie belanggestel. Op daardie stadium was Suid-Afrika 'n blanke republiek met streng reëls en is daar selfs morele voorskrifte oor naaktheid in tydskrifte en die taalgebruik van romanskrywers soos Etienne Leroux en John Miles toegepas.
Indien enigiemand twintig of dertig jaar gelede sou voorspel het dat die toepassing van reëls en wette in ons land teen die jaar 2009 eerder die uitsondering as die reël sou word, sou so 'n persoon waarskynlik van waansin beskuldig gewees het. Nietemin het die land vandag in 'n staat van kwasi-anargie verval en bendelede, dwelmhandelaars, korrupte politici en staatsamptenare, om van moordenaars en verkragters nie te vergeet nie, is grotendeels vry om te maak soos hulle wil.
Ons Afrikaners stam van Noord-Europese Protestante af. In Nederland, ons vernaamste stamland waarvandaan Jan van Riebeeck gekom het, bestaan 'n kultuur van Calvinistiese orde wat sorg dat elke vierkante sentimeter van die land netjies en skoon daar uitsien. Die hele Nederland is sogenaamd "ruimtelik georden", wat beteken dat elke moontlike menslike en ekonomiese aktiwiteit soos boerdery, nywerheidsproduksie, opvoeding, ontspanning, vervoer volgens vasgestelde reëls in vooraf bepaalde ruimtes plaasvind. 'n Magdom regulasies beheer die omgewing, die veiligheid van werkers en 'n aansienlike gedeelte van die bevolking is "ongeskik om te werk" verklaar weens geringe psigiese steurings, liggaamlike tamheid of chroniese maar behandelbare siektes en ontvang ruim toelaes van die staat.
In weerwil van 'n liberale gees, is Nederland 'n land waar alles begrens en afgebaken is, sowel ruimtelik as geestelik. In teenstelling met hierdie Westerse en Noord-Europese sin vir reëls en wette wat spontaan deur die bevolking nagevolg word sodat wetstoepassing byna nie nodig is nie, bevind die Afrikaner, die grootste Westerse volksgroep in Afrika, hom tans inderdaad in "'n wêreld sonder grense", wat ook die titel van 'n bundel kortverhale deur Alexander Strachan is. Geweld, anargie, misdaad, korrupsie, het alledaagse verskynsels geword en soos meneer Kurtz in Joseph Conrad se Heart of Darkness kan ons ook die keuse uitoefen om self aan die geweld en wetteloosheid te begin deelneem.
Terwyl ons elke dag op tipiese Westerse - en blanke - wyse ons lot bekla omdat ons aan 'n wêreld sonder reëls of met teenstrydige reëls blootgestel word, kan ons ook op 'n ander manier daarna kyk. Anders as in Nederland, Duitsland of Switserland, kan die staat ons nie meer teen die sosiopate met hule messe, pistole en AK 47's beskerm nie. Riool loop in die riviere, die paaie is vol gate en vir R800 kan jy 'n "regte vals" ID-boekie op straat gaan koop wat deur amptenare binne die departement van binnelandse sake uitgereik word.
Gestel egter hierdie toestand van anargie en wetteloosheid wat ons as 'n bedreiging sien, is eintlik 'n potensiële bron van vryheid? As die staat in duie stort of misluk, soos in Zimbabwe, maar toenemend ook in Suid-Afrika, is dit werklik so 'n groot ramp as wat ons geleer is om te dink?
Vir sowel die politieke anargis wat glo dat die mens vry van staatlike oorheersing behoort te lewe as die vryemarkekonoom soos Milton Friedman of Gary Becker is hierdie toestand van 'n staat wat beheer oor sy burgers en sy grondgebied verloor eintlik 'n positiewe ontwikkeling. Pleks van die kunsmatige vryheid van 'n Nederland wat oor sy burgers soos kinders  van die spreekwoordelike "wieg tot die graf" waak, het ons die geleentheid om waarlik vry te wees. Ons kan amper soos Nietzsche se Übermensch volgens ons eie innerlike reëls handel, juis omdat die samelewing rondom ons die pad byster geraak het.
Die Britse romanskrywer William Golding het in sy boek Lord of the flies, wat wel in die sestigerjare in Afrikaans vertaal is as Ryk van die vlieë, aan ons 'n allegorie van menslike degenerasie geskets wat plaasvind as 'n groep seuns op 'n verlate eiland van die normerende invloed van die staat en die samelewing ontneem word. Soos die groep seuns in Ryk van die vlieë, word ons insgelyks vandag blootgestel aan 'n land waarin elke soort hartstog en misdadige impuls botvier.
As ons die vertroude reëls en wette van Romeins-Hollandse reg agterlaat, gaan ons noodwendig agteruitgaan en in barbarisme verval soos die kindersoldate van Charles Taylor se Liberië of die rebellegroepe van die Kongo wat hul teenstanders en veral pigmeë opeet?
Ek meen van nee. Waarskynlik beskik die Afrikaner as blanke en as Noord-Europese immigrant in Afrika oor 'n aangebore gewete en sin vir gehoorsaamheid aan reëls. Ons weet dit uit ons geskiedenis, want in die agtiende en negentiende eeue het ons voorouers vir lang periodes buite bereik van staatlike beheer gewoon en nogtans het ons nie in barbarisme of wetteloosheid verval nie.
Die maatskaplike eksperiment wat "die nuwe Suid-Afrika" genoem word, is bestem om te misluk. Maar ons mislukkende staat kan ons heel moontlik vrystel van die verstikkende burokrasie en beheer wat die meeste moderne Westerse samelewings kenmerk en hul burgers tot verkinderlikte staatsafhanklikes reduseer. 'n Nuwe Afrikaner, 'n vrye, sterk en soewereine mens wat geen oppergesag meer erken nie, maar slegs deur sy innerlike sin vir geregtigheid gemotiveer word, kan dalk uit die huidige smeltkroes verrys.
Vir Christene wat voel dat die mens in terme van die Bybel en veral die Tien Gebooie moet handel, is die idee van so 'n bevryde Afrikaner, wat hom bokant die wette van die vervallende nuwe Suid-Afrika ag, dalk angswekkend en immoreel. Maar die houvas van die Christendom op die staat was nog altyd taamlik prekêr, behalwe miskien tydens die Middeleeue toe die Katolieke kerk se invloed op sy grootste was. Die staat is op sy beste 'n heidense maaksel wat van die Grieke en Romeine afstam en in sy mnderne gedaante deur die Verligting en die ateïstiese Franse revolusie geskep is.
Onlangs by die volksvergadering by Vegkop het ek enkele sprekers aangehoor wat 'n teokrasie in 'n nuwe Afrikanerstaat bepleit het. Die kanse dat so iets sal realiseer, is uiters gering, want vir die afgelope paar honderd jaar is dit slegs in Moslemlande waar daar hoegenaamd sprake van teokrasie oftewel "regering deur God" was.
Soos wat die staat rondom ons kwyn, mag dit wees dat ons innerlike ooruigings en uiterlike bande met die res van ons Afrikanergemeenskap gesterk word. Soos die ou Voortrekkers wat noodgedwonge in die laer moes saamstaan om teen die vyand daarbuite te kon oorleef, sal ons in die afwesigheid van beskerming deur die staat ook moet leer dat ons mekaar behoort te help ten einde nie deur die misdadigers en vryheidsvegters van Afrika oorweldig te word nie.
Om dus jou eie reëls te bepaal, beteken nie noodwendig dat mens voortdurend slegs in eie belang sal optree nie, maar kan ook die natuurlike bande van bloed, taal en kultuur versterk terwyl die kwynende staat juis daardie bande wil afbreek.
Die huidige Suid-Afrika kan beskryf word as: "Hong Kong ontmoet Charles Taylor se Liberië." Enersyds leef ons in 'n totaal geprivatiseerde, handelsgedrewe omgewing met privaatveiligheidsmaatskappye, privaatgesondheidsdienste, privaatskole (selfs staatskole word grootliks deur ons ouers onderhou) en tolpaaie, andersyds het die staat ontaard in 'n soort mafia wat die grondslag vir plundery en etniese of rasseoorheersing verskaf.
Terwyl die ideaal van 'n bevryde grondgebied of volkstaat vir ons almal op die horison wink, kan ons reeds te midde van die nuwe Suid-Afrika se chaos en anargie begin om ons vryheid op te eis deur eenvoudig afsydig en selfs ongehoorsaam teenoor die staat te raak. Die manier waarop vele plattelandse gemeenskappe reeds hul eie vorme van dorpsverenigings naas - en in mededinging met - die amptelike munisipaliteite bedryf, wys die rigting aan.
Met behulp van moderne kommunikasietegnologie en die internet ontkom ons ook toenemend aan die invloed van die staat en sy muwwe, totalitêre patriotisme - hoewel sommige mense nog die onderbroekvlag by krieketwedstryde swaai. Die virtuele Afrikanergemeenskap bestaan reeds - op Facebook, Twitter, Praag, Litnet, geselsforums en oral waar Afrikaners in Afrikaans met mekaar in die kuberruim assosieer.
Ons voorouers was Germaanse barbare wat tot 'n Semitiese godsdiens bekeer is en daarna deur Spaanse Katolieke verdruk is totdat hulle in gewelddadige opstand teen die heersende ideologie en geloof van hul tyd - die Katolisisme - gekom het. Dieselfde oranje-blanje-blou vlag wat opstandiges vandag op amptelike naamborde verf het ons voorouers ter see gehys toe hulle in 'n oorlog teen die Spaanse vloot gewikkel was. Daarna het ons in die Kaap van die V.O.C. en die Britse Ryk se beheer weggetrek en in die binneland grootliks vry van enige staatlike beheer gewoon, soos aristokrate wat slegs hul eie gesag op hul landgoed erken het. Dit was slegs gedurende die twintigste eeu wat ons "die jaloerse god van die staat" - 'n frase waarvoor ek Koos Malan moet bedank - begin aanbid het. Die staat is 'n jaloerse god omdat hy geen mededinging van ander gode op sy grondgebied duld nie en daarom die monopolie op belastinggaarding en geweld deur sy amptenare in uniform wil behou.
Omhels ons tans die vryheid wat die kwynende staat van Suid-Afrika vir ons inhou? Of deins ons van vryheid terug? Eintlik bevind ons ons terug in die paradys - weliswaar 'n "wrede paradys" soos Stephen Smith van Negrologie-faam dit benoem het - waar ons hartsbegeertes vervul kan word en waar ons kan skep, boer en handel dryf terwyl ons die staat en sy onbekwame amptenare soos lastige vlieë wegklap.
Miskien was dit die "ryk van vlieë" waarna Golding verwys het: polisiemanne en soldate sonder petrol of waarvan die voertuie onklaar geraak het.
En: indien ons as kinders van die Aandland, erfgename van die lig, by dié unieke situasie kan aanpas, kan ons heel moontlik die sterkste en voortreflikste beskawing ooit tot stand bring.



Etienne Leroux
"Die soldaat van die staat het sy naam met swier geteken. En die nuwe lewe het begin."

-18-44


















 Jong seun
Why were we crucified into sex?
Why were we not left rounded off,
And finished in ourselves?

D.H. Lawrence

Die seun klim druipend uit die bad, 
sy hele lyf is gaaf en glad

en heel tot in die holte van
sy nael waaroor 'n seepbel span,

Strak ledemate, ribbekas
hoekig en hard soos 'n kuras,

handdoek in hand staan hy bereid,
gerig en toegerus tot stryd.

Tog, onvolkome afgerond,
hoe sal die lewe hom nog wond:

in sy Achilleskern vind
hy geen beskutting - man of kind:

geheg aan die benedebuik
waar blink haarrankies reeds ontluik,

deuraar, teer soos 'n ooglid, sag 
soos murg, hang weerloos die geslag

Elisabeth Eybers


Athol Fugard was born in Middelburg, South Africa in 1932. His full name is Harold Athol Lanigan Fugard and as a child he was known as Hally before he decided he wanted to be called Athol.
He is white with English and Afrikaner parents. He was brought up in Port Elizabeth, South Africa, with English as his mother tongue. He describes himself as an Afrikaner writing in English. (In 1985 Time Magazine named Athol Fugard "the greatest active playwright in the English-speaking world." )





Net soos die kultuurgebonde Afrikaan ’n skepping van kolonialisme is waarop apartheid voortgeborduur het met stamgebonde etnisiteite, net so is “die Afrikaner” ’n konstruksie van nasionalisme. Uiteraard definieer baie mense hulself as Afrikaners, maar dit beteken nie dat dit minder van ’n konstruksie is nie. Alle identiteite is sosiale konstruksies, dinamies en veranderlik.
-Christi van der Westhuizen in Rapport, die Afrikaanse Sondagkoerant.


.